HOOFSTORIES: •   Storm rig groot duisende rande se skade aan   •   Geliefde skoolhoof sterf   •   Onherkenbare lyk op grondpad gevind   •   LUR positief oor Limpopo-ekonomie   •   Sakevrou in hof oor handtekening   •   Skuld oor water op ou pype gepak   •   Fonds help leukemie-lyer   •   Modimolle dalk dorp van die jaar   •   CFO aims for improved audit   •   Biblioteek kleur wêreld anders in   •   Versigtig met sosiale media en misdaad   •   Resep: heerlike kolwyntjies   •   Sy passie laat verlede herleef   •   Oud-Drakie sing weer ná motorongeluk   •   Sport: Silwer vir stoeier by Statebondspele
 

 
 

 

Skelms doen reeds Kersinkopies


   08 December 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 265   l   4 months ago  

 

Foto ter illustrasie.


Skelms is oudergewoonte dié feesseisoen net so hard aan die inkopies doen as gewone mense. 

Ao. James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, waarsku inwoners op Modimolle dat hulle op hul hoede moet wees wanneer hulle geld trek. 

“Ons het voorvalle by ’n gewilde winkelsentrum gehad waar mense se bankkaarte omgeruil word en hulle dan eers later besef dat daar geld uit hul rekeninge verdwyn het,” het hy gewaarsku.

Diewe wat met afstandbeheertoestelle keer dat motors nie sluit nie, is ook weer aktief op die dorp nadat hulle ’n tyd lank stil was. “Trek jou motor se handvatstel om doodseker te maak dat dit gesluit is nadat jy die afstandbeheerknoppie gedruk het,” het Findlay gesê. 

Diewe steel waardevolle items soos skootrekenaars en handsakke uit voertuie. 

Die polisie het die afgelope week as deel van hul misdaadbekamping in die feesgety, talle mense in hegtenis geneem weens dronkbestuur, drink in die openbaar en die besit van dagga.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories