HOOFSTORIES: •   Reën veroorsaak skade; dam nog leeg   •   Sakke dagga gevind   •   Jong leerder vergruis kakebeen ná val   •   Grond op Vaalwater onwettig betree   •   Kontrakteur sê hy is omkoopgeld gevra   •   Afriforum maak dorp skoon terwyl werkers staak   •   Inwoners keelvol vir dienslewering   •   Liggiehuis lok van heinde en ver   •   Munisipale skuld moet beter bestuur word   •   Disabled people also need a future   •   Brief: vat inwoners vas oor vullis   •   Eskom krag-krisis afgeweer   •   Twee renosters buite Vaalwater gestroop   •   Quick recovery after reports of stolen vehicle   •   Organisation to equip youth with skills
 

 
 

 

Massapatrollie verhoog sigbare polisiëring en hou misdadigers weg


   24 November 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 88   l   24 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


AfriForum se Warmbad- en Roodekuil/Turfbult/Langkuil (RTL)-buurtwagte, asook gemeenskappolisiëringsforumlede (GPF), het op Dinsdagaand, 14 November, ’n massapatrollie op die dorp en omliggende plase uitgevoer.

Dié burgerregte-organisasie het die patrollie gereël om die buurtwagte meer paraat te maak en om sigbaarheid in die omgewing te verhoog. Altesame 14 voertuie en ’n klomp lede het op kort kennisgewing vir die massapatrollie opgedaag.

Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Limpopo, het gesê hulle het daarop gefokus om reaksie-optrede te verskerp sodat buurtwagte weet hoe om in sekere situasies op te tree.

Harold Spencer, bestuurslid van die RTL-buurtwag, het by navraag gesê as deel van die patrollie het AfriForum-verteenwoordigers op plekke weggekruip en die buurtwaglede se taak was om hulle uit te snuffel. 

Dié oefening is suksesvol uitgevoer terwyl die lede steeds op die uitkyk was vir verdagte optrede. 

“Ons het op ’n boodskap gereageer dat ’n verdagte voertuig in ons omgewing opge-merk is en ons het hulle binne 15 minute met vyf voertuie omsingel. AfriForum was beïndruk met ons stelsels. Alle eer aan ons reaksiemanne vir hul knap uitvoering,” het Spencer gesê. 

“Ons het as ’n span saam met AfriForum nabetragting gehou en die nuwe lesse wat geleer is, sal in ons prosedures ingesluit word om ons veiligheidsinisiatiewe op te skerp. Ons het ook vir AfriForum gewys hoe ons voorvalle en die inligting oor soge-naamde gevaarpunte (hotspots) identifiseer en daarvolgens proaktief optree.”

Die lede sien uit na die volgende besoek van AfriForum om hul prosedures en metodes ten opsigte van plaasaanvalle op die proef te stel.

“Die patrollie was, danksy goeie samewerking en paraatheid, ’n groot sukses. Daar lê krag in ’n gemeenskap wat saamstaan,” het Janes Boshoff, voorsitter van AfriForum se Bela-Bela-tak, gesê.

Vir navrae of om by die RTL-buurtwag in te skakel, bel vir Chris Esterhuizen, voorsitter van RTL, by tel. 082 807 7933

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories