HOOFSTORIES: •   Reën veroorsaak skade; dam nog leeg   •   Sakke dagga gevind   •   Jong leerder vergruis kakebeen ná val   •   Grond op Vaalwater onwettig betree   •   Kontrakteur sê hy is omkoopgeld gevra   •   Afriforum maak dorp skoon terwyl werkers staak   •   Inwoners keelvol vir dienslewering   •   Liggiehuis lok van heinde en ver   •   Munisipale skuld moet beter bestuur word   •   Disabled people also need a future   •   Brief: vat inwoners vas oor vullis   •   Eskom krag-krisis afgeweer   •   Twee renosters buite Vaalwater gestroop   •   Quick recovery after reports of stolen vehicle   •   Organisation to equip youth with skills
 

 
 

 

Nuwe baadjie vir Modimolle-GPF


   24 November 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 366   l   24 days ago  

 

Mila, die WASPS se eerste hond vir hul Koedoe P9-eenheid, is onlangs aangeskaf. Die hond sal opleiding ontvang en hulp verskaf met spoorsnywerk.

 


Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) op Modimolle is weer aktief in ’n nuwe gedaante. 

Die Pos het verlede week berig dat die GPF op dié dorp uiteen is nadat die polisie die uitvoerende raad tydens ’n vergadering ontbind het. Talle lede van dié groep het hul steun op sosiale media uitgespreek. Die bestuur het op Woensdag, 15 November, vergader en besluit dat hulle die landelike beveiligheidsplan sal gebruik as grondslag om op voort te gaan. 

Dié plan is twee maande gelede deur die polisie in Polokwane onderteken.  

Volgens Barend Pienaar, voorheen die voorsitter van die GPF, sal hulle voortaan bekend staan as die Waterberg Agri Sekuriteitspolisiëringsektore oftewel WASPS. 

Hy het gesê hulle wil ’n groter, omvattende struktuur op die been bring, maar dat dit tyd gaan neem om alles gereël te kry. Hul struktuur sal nie net op plase fokus nie, maar ook die veiligheid van dorpe insluit. Hulle sal binnekort met inwoners van die dorp vergader om te bespreek hoe die dorp beveilig kan word. Intussen gaan patrollies op plase normaalweg voort.

Die WASPS sal ook hul eie span spoorsnyhonde oplei wat die Koedoe P9-span genoem sal word. Die eerste hond is reeds daarvoor aangeskaf. Hulle sal ook sorg dat vrylopende diere wat ’n gevaar vir motors inhou, geskut word en die diere-beskermingsvereniging (DBV) se hand sterk.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories