HOOFSTORIES: •   Reën veroorsaak skade; dam nog leeg   •   Sakke dagga gevind   •   Jong leerder vergruis kakebeen ná val   •   Grond op Vaalwater onwettig betree   •   Kontrakteur sê hy is omkoopgeld gevra   •   Afriforum maak dorp skoon terwyl werkers staak   •   Inwoners keelvol vir dienslewering   •   Liggiehuis lok van heinde en ver   •   Munisipale skuld moet beter bestuur word   •   Disabled people also need a future   •   Brief: vat inwoners vas oor vullis   •   Eskom krag-krisis afgeweer   •   Twee renosters buite Vaalwater gestroop   •   Quick recovery after reports of stolen vehicle   •   Organisation to equip youth with skills
 

 
 

 

Ondersoek volg ná klagtes oor polisie


   17 November 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 827   l   31 days ago  

 


Die gebrek aan polisievoertuie en bewe-rings van beamptes wat nie hul werk na behore doen nie, sal eersdaags aandag geniet, is op Dinsdag, 14 November, tydens die laaste plaaslike veiligheidsvergadering van die jaar by die Bela-Bela-polisiestasie gesê.

’n Golf van woede het teenoor die polisie opgevlam nadat verskeie mense regoor die land op bisarre wyse in hegtenis geneem is ná afloop van die onlangse Swart Maandag-byeenkomste. Daar was ook hewige kritiek teenoor die Bela-Bela-polisie nadat hulle daarvan beskuldig is dat hulle versuim het om te reageer op ’n noodroep na ’n plaas buite Droogekloof waar aanvallers ’n egpaar se honde vergiftig en by hul huis probeer inkom het. 

Verteenwoordigers van die polisie se inter-vensiedirektoraat (National Intervention Unit) het die jongste vergadering by die stasie bygewoon om probleme op plaaslike vlak by die Bela-Bela-polisie te probeer oplos.

Die gemeenskapslede wat Dinsdag se vergadering bygewoon het, is gevra om alle klagtes en voorstelle skriftelik in te dien. Die lyste is daarna aan die inspektoraat se verteenwoordigers oorhandig wat onde-rneem het om ’n verslag saam te stel oor kort- en langtermynprobleme. Terugvoer oor die vordering van die ondersoek sal eers tydens die volgende veiligheidsvergadering op Dinsdag, 9 Januarie, bekendgemaak word.

’n Interne ondersoek oor die polisie se optrede tydens die voorval op Droogekloof word ook geloods, het kol. Johan Bezuiden-hout gesê. Van die aanwesiges het egter aangedui hulle is skepties daaroor of die inspektoraat die voorstelle ernstig sal op-neem.

  • Die misdaad wat in Oktober plaasge-vind het, is daarna aan die vergadering voorgelê. 

Seksuele aanranding, poging tot moord, skade aan eiendom, roof en diefstal van en uit voertuie het gestyg, het kapt. Emsie Roux gesê. In die meeste van die kontak-misdade word drankmisbruik vermoed, het sy gesê.

Met die feesseisoen op hande het talle winkeldiefstalklagtes by Shoprite en Mr Price op die dorp ook plaasgevind. Bezuidenhout het gesê mense moenie waardevolle items in hul voertuie by inkopiesentrums of in die sentrale sake-sektor los nie. Motorwagte wat voertuie by sentrums oppas moet veral nou meer paraat optree, het hy gesê.

Lt.kol. William Ngobeni het gesê mense wat hul voertuie outomaties sluit, moenie net vir die ligte kyk wat flikker wanneer hulle die immobiliseerder druk nie, maar ook luister na die biep-geluid wat aandui dat die voertuig gesluit is.

Hy het voorts gesê indien mense geld by die banke trek, moet hulle kyk of iemand hulle moontlik agtervolg aangesien hy van klagtes bewus is waar mense op dié manier besteel is.

Daar was ook klagtes oor donkiekarre wat glo onwettig boumateriaal, hout en ander los items wat rondstaan oplaai.

Johan Mills, voorsitter van die Bela-Bela-belastingbetalersforum (BBTF) het gesê die eienaars van die donkies behoort opleiding te kry oor hoe om hul diere beter te hanteer. Gevalle waar donkies mishan-del word, is ook genoem.

Daar bestaan egter nie ’n skut in die Bela-Bela-omgewing nie en daarom is gemeenskapslede aangeraai om met die skut in Wallmansthal, die polisie se veediefstaleenheid op Modimolle of die Bela-Bela-polisie in verbinding te tree oor rondlopervee. Kommer is ook uitgespreek oor die aantal straatligte op die dorp wat buite werking is. Jeremia Ngobeni, burgemeester, het tydens die vergadering gesê daar is tans twee spanne — een op die dorp en een in die township — wat ondersoek instel na foutiewe straatligte.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories