HOOFSTORIES: •   Reën veroorsaak skade; dam nog leeg   •   Sakke dagga gevind   •   Jong leerder vergruis kakebeen ná val   •   Grond op Vaalwater onwettig betree   •   Kontrakteur sê hy is omkoopgeld gevra   •   Afriforum maak dorp skoon terwyl werkers staak   •   Inwoners keelvol vir dienslewering   •   Liggiehuis lok van heinde en ver   •   Munisipale skuld moet beter bestuur word   •   Disabled people also need a future   •   Brief: vat inwoners vas oor vullis   •   Eskom krag-krisis afgeweer   •   Twee renosters buite Vaalwater gestroop   •   Quick recovery after reports of stolen vehicle   •   Organisation to equip youth with skills
 

 
 

 

Bela-Bela-inwoners loop deur onder boewe wat bankkaarte kloon


   17 November 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 225   l   31 days ago  

 


Twee inwoners van Bela-Bela het die afgelope tyd slagoffers geword van bankkaartbedrog toe hul bankkaarte gekloon en deur die boosdoeners gebruik is.

Dries van Zyl het aan die begin van Oktober vermoed iets is nie pluis nie nadat hy by die FNB-kitsbank by die Bela Mall op die dorp geld getrek het.

“’n Week nadat ek daar was, het ek een na die ander SMS-kennisgewing ontvang dat my kaart elders gebruik is, maar ek was steeds in besit van my bankkaart.” Hy het vermoed dat bedrieërs sy kaart gekloon het.

Hy het ook nie die ondernemings waar die transaksies gedoen is, op die kennisgewings herken nie. Die skurke het só lekker inkopies gedoen dat Van Zyl R148 000 kwyt is, het hy gesê.

Hy het die aangeleentheid onder sy bank se aandag gebring en die bank is stelselmatig besig om hom terug te betaal, het hy gesê. Hy het nie ’n klag by die polisie geopen nie omdat hy nie vertroue in hulle het nie, het hy aan Die Pos gesê.

Melanie de Witt, ook van Bela-Bela, was die jongste slagoffer nadat sy op Sondag, 5 November, by die Absa-kitsbank by die Bela Mall was.

Sy het tussen 11:00 en 12:00 dié dag geld getrek, maar niks het op daardie stadium verdag gelyk nie.

“Ek het my foon ongeveer 12:30 weer opgetel en gesien dat daar 15 transaksies op my kaart gedoen is.” 

Volgens haar het die transaksiekennisgewings, wat duisende rande beloop het, aangedui dat dit in die Boksburg-omgewing gedoen is. Sy was ook nog in besit van haar oorspronklike bankkaart.

Sy het die bedrog by haar bank, asook die polisie aangemeld. Die bank het haar gelukkig reeds terugbetaal.

Sers. Hester van Zyl, polisiewoordvoerder op die dorp, het by navraag gesê soortgelyke gevalle, asook ander misdade, kan meer weer word in aanloop tot Desember.

“Mense moet meer waaksaam wees en nie nalatig in die openbaar wees nie. Sy het gevra dat verdagte aktiwiteite so gou moontlik aangemeld word en dat mense by hul plaaslike veiligheidstrukture inskakel.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories