HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Petersen-drie kry nie borgtog


   10 November 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 106   l   13 days ago  

 

Die drie verdagtes wat betrokke is by Pattie en Cecil Peterson se moord is borgtog geweier.


Die drie verdagtes wat met die moorde op Cecil (83) en Pattie (73) Petersen van Bela-Bela verbind word, is op Donderdag, 2 November, borgtog in die Bela-Bela-landdroshof geweier.

Vier verdagtes het glo die egpaar in September ongeveer 08:00 in hul huis aan-geval en op hulle geskiet. 

Cecil is in die kakebeen geskiet en Pattie in die maag. Sy is op die toneel oorlede. 

Cecil is ná die aanval in die intensie-wesorgeenheid van ’n Pretoriase hospitaal opgeneem, maar is ses weke ná die aanval oorlede.

Die polisie het binne twee weke, in same-werking met lede van die Heritage Pro-tection Group (HPG), drie verdagtes in Hammanskraal in hegtenis geneem. 

Die vierde verdagte is steeds op vrye voet.

Die verdagtes — Piet Mathebula, Mpho Nico Nkonyana en Tshepo Tebula van Hammanskraal — het aanvanklik op aanklagte van moord, poging tot moord, aanranding, roof met verswarende om-standighede en die besit van ’n onwettige vuurwapen en ammunisie in die hof verskyn. 

Nkonyana verskyn op ’n afsonderlike aanklag vir die besit van ’n gesteelde selfoon. Die Pos het vandeesweek in die hof verneem dat die poging tot moordklag nou na moord verander is.

Die saak is verlede week na Dinsdag, 12 Desember, uitgestel vir verdere ondersoek aangesien die hof steeds op die forensiese verslae wag.

Die verdagtes is steeds in aanhouding.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories