HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Ondersoek ná voetganger sterf


   10 November 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 687   l   13 days ago  

 

Lt.kol. Abel Phetla, speurtakhoof van die Bela-Bela-polisie.


Lt.kol. Abel Phetla, speurtakhoof van die Bela-Bela-polisie, word deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek nadat hy glo ongeveer twee weke gelede ’n voetganger in die Siya-buswa-omgewing tussen Mpumalanga en Limpopo doodgery het.

Die Pos het navrae aan die polisie se pro-vinsiale woordvoerder oor die voorval ge-rig, maar alle navrae is intussen na Opod verwys. 

Phetla was na verneem word aan diens toe die voorval plaasgevind het. 

Moses Dlamini, Opod-woordvoerder, het by navraag gesê hulle het eers op Dinsdag, 31 Oktober, van die voorval bewus geraak — ’n ruk nadat die voorval plaasgevind het. 

Hy het gesê die voorval waarby ’n polisiebeampte (Phetla) betrokke was, is nie dadelik by Opod aangemeld nie. Klagte sal ook teen die betrokke polisie-beamptes gemaak word wat versuim het om die saak betyds aan te meld, het Dlamini gesê.

Opod se Mpumalanga-tak is besig met die ondersoek, het hy voorts gesê.

Phetla is steeds speurtakhoof op Bela-Bela terwyl die ondersoek voltooi word.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories