HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Diewe slaan toe terwyl inwoners slaap


   10 November 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 1467   l   13 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Inwoners van Modimolle slaap die afgelope week met een oog oop ná ’n rits inbrake in die omgewing van die Bosveldsig-aftreeoord. 

Dié inbrake het volgens ao. James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, plaasgevind terwyl die huismense geslaap het. 

’n Onbekende aantal inbrekers het op Vrydagnag, 3 November, tussen 21:30 en 08:00 by ’n huis in die Villa Olien-kompleks in Olienhoutstraat ingebreek. Volgens Findlay het die huismense se honde die nag aanhoudend geblaf. Hulle het die volgende oggend hul skade besef. 

Die diewe het ’n skootrekenaar, PlayStation 3 en R150 buitgemaak. “Die inbrekers het ’n skroewedraaier gebruik om die glaspaneel van ’n deur uit te haal,” het Findlay gesê.

Die volgende nag het drie huise in Bosveldsig, Fase 7 deurgeloop. Hoewel daar by twee van die huise slegs skade aangerig is deur diewe wat wou inkom, was die derde huiseienaar nie so gelukkig nie. Hy is sy Nissan Hardbody-bakkie, selfoon en .38-special rewolwer kwyt. 

Volgens Findlay het die huiseienaars gaan slaap en die deure en vensters was toe. Van die vensters wat diefwering voor gehad het, was oop. Die volgende oggend het hulle die deur wat na die motorhuis lei se sluitmeganisme op die grond gekry en van die ander voertuie se sleutels is ook rondgedra. 

Die vuurwapen is vanuit die slaapkamer gesteel terwyl die egpaar geslaap het. 

Volgens Findlay ondersoek die polisie die saak verder. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories