HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Ses vermeende boewe vas


   10 November 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 128   l   13 days ago  

 


Dié slag is die tralies om hulle binne te hou en nie om hulle uit te hou nie. 

Ses vermeende inbrekers is die afgelope twee weke deur speurders van Modimolle in hegtenis geneem. 

Twee mans se strooptogte is gekortwiek nadat hulle by Funky Stay en San Rock net buite Modimolle ingebreek het, het ao. James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, gesê. 

Nóg twee is agter tralies nadat hulle by ’n huis in Paul Krugerstraat ingebreek het. Ná twee huisbrake in Pleinstraat is nog twee mans vasgetrek.  

’n Kerk in Phagameng het ook deurgeloop en ’n klankstelsel ter waarde van R50 000 is gebuit. Die polisie het daarin geslaag om die klankstelstel terug te kry en een verdagte is in hegtenis geneem. 

Die speurders wat by die inhegtenis-nemings betrokke was, is ao. Koos van den Berg, ao. Willem Nel, ao. Eugene Clarens en konst. RJ Sathekgi.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories