HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

Bela-Bela-inwoners bid vir boeregemeenskap


   03 November 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 647   l   3 months ago  

 

Omstanders wat die gebedsgeleentheid op Bela-Bela bygewoon het, het op hul knieë in gebed gegaan om te bid vir die veiligheid van boere en vir die toekoms van die land.


Inwoners, sakelui en gemeenskapsgroepe van Bela-Bela, almal in swart geklee, het op Maandag, 30 Oktober, in die parkeerterrein voor die afgebrande Bela-Bela SuperSpar bymekaar gekom ter ondersteuning van die nasionale saamtrek teen plaasaanvalle.

Ds. Otto Clasen, leraar van die NG Moedergemeente op die dorp, het ’n kort diens gelei met die klem op vergifnis en seën vir die boeregemeenskap.

’n Doodse stilte het die omstanders omvou nadat Clasen vir ’n kort stilte gevra het ter nagedagtenis aan plaasaanvalslagoffers. Die trane het kort daarna gevloei terwyl Clasen ’n roerende boodskap gelewer het. 

Die aanwesiges het op hul knieë gesak in gebed, waarna ’n paar mense na vore gekom het om vir die land en veral die boeregemeenskap te bid.

Clasen het mense aangeraai om meer die Onse Vader-gebed te bid, “want dit is hoe ’n mens behoort te bid”, het hy gesê.

’n Lofprysing is gehou waarna die mense vreedsaam uiteen is.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories