HOOFSTORIES: •   Ons het die gees ja man ja!   •   Mookgophong dae lank sonder water   •   Varke op vragmotor in vlammehel   •   Kind (13) al 30 dae weg   •   Vyf vas ná plaasaanval   •   Ongeluk nadat agent agter stuur flou word   •   Dorp op dieselfde pad as Kaap   •   Woede oor beskuldiging op Facebook   •   Renoster het nie 'aangeval'   •   Riders take on 1162km for disadvantaged schools   •   Miljoendollarduif mik vir Verenigde State   •   Droogte kniehalter Bosveldmyl
 

 
 

 

‘God alleen kan nou help,’ sê voorsitter


   03 November 2017   l   Carina Bester    l   Views: 83   l   3 months ago  

 

Die aandbyeenkoms op Mookgophong is deur talle inwoners bygewoon.


Inwoners van Mookgophong en omgewing het op Maandag, 30 Oktober, om 10:00 op die gras voor die munisipaliteit bymekaargekom om te wys dat hulle genoeg gehad het van plaasaanvalle en ook om te bid.

Twee byeenkomste is gereël sodat inwoners wat nie die 10:00-byeenkoms kon bywoon nie, ook die geleentheid kon hê om saam te bid. Inwoners het weer om 18:00 in die parkeerterrein voor die munisipaliteit byeengekom. 

 Linda Naudé, wat by albei dié byeen-komste was, het aan Die Pos gesê sy is bly reëlings is getref sodat inwoners van Mookgophong ook soos op ander dorpe, die geleentheid kon hê om saam te bid. 

“Hierdie saak lê almal na aan die hart. Almal word op een of ander manier deur misdaad geraak. 

“Ek is self al deur ’n aanval geraak. Ons dien een God, al behoort ons aan verskillende kerke,” het Naudé gesê. 

Charlotte Maidment het die opening by die eerste byeenkoms behartig en gesê die inwoners van Mookgophong moet begin glo in wonderwerke. “Van vandag af is dit oorlog. Trek julle wapenrusting aan.”

“Ek voel uit my hart dat die pogings wat ons aanwend, nie gaan help nie — God alleen kan nou help. Hierdie trek ons beslis nader aan mekaar,” het Jannie Senekal, voorsitter van die Naboomspruit-veiligheidsforum, gesê. Senekal het verder gesê Maandag was ’n goeie dag om simpatie te betoon aan almal wat deur moord en ander misdade geraak is.

Die Pos het met verskeie mense by die byeenkoms gepraat. Volgens Patsy Botha het sy en haar mense saamgetrek omdat hulle gekant is teen plaasmoorde en voel dit moet stopgesit word. “Te veel mense het al hul lewens verloor en niks word daaraan gedoen nie. Ons is hier om vir God vergifnis te vra vir die sondes van ons burgers. As Hy vír ons is, wie kan téén ons wees?” het Botha gevra. 

Tunie van Coller het gesê: “Ons is hier om te sê genoeg is genoeg.”

Philip van Staden, AfriForum-voorsitter op die dorp, het aan Die Pos gesê mense is moeg vir misdaad. Hierdie byeenkoms wys ons kan saamstaan. “Dit is wonderlik as mense so kan saamstaan.”

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories