HOOFSTORIES: •   Reën veroorsaak skade; dam nog leeg   •   Sakke dagga gevind   •   Jong leerder vergruis kakebeen ná val   •   Grond op Vaalwater onwettig betree   •   Kontrakteur sê hy is omkoopgeld gevra   •   Afriforum maak dorp skoon terwyl werkers staak   •   Inwoners keelvol vir dienslewering   •   Liggiehuis lok van heinde en ver   •   Munisipale skuld moet beter bestuur word   •   Disabled people also need a future   •   Brief: vat inwoners vas oor vullis   •   Eskom krag-krisis afgeweer   •   Twee renosters buite Vaalwater gestroop   •   Quick recovery after reports of stolen vehicle   •   Organisation to equip youth with skills
 

 
 

 

Mense bid langs N1 op Swart Maandag


   03 November 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 241   l   45 days ago  

 


Honderde mense geklee in swart klere het op Maandagoggend, 30 Oktober, langs die N1-snel-weg vir ’n kort tyd in gebed gekniel. 

Die Swart Maandag-protes-aksie het duisende mense van regoor die land langs hoofweë saamgetrek om hul ontsteltenis oor die toenemende aantal plaasmoorde te wys. 

In Die Pos se lesersgebied het boere, plaaswerkers en inwoners die oggend om 07:30 by die Settlers/Codrington-afrit byeen-gekom. 

Hulle was vergesel van polisie en nooddienste. 

Die Pos was ook van vroeg-oggend af op die toneel.

Ná kort toesprake deur Barend Pienaar, GPF-kringhoof, Marlene van Staden, Modimolle-Mookgophong-burgemeester, en Deon Beukes, voorsitter van Bela-Bela se GPF, het die mense somber langs die snelweg gekniel en gebid terwyl die ver-keer verbygevloei het. 

Wit en swart bestuurders het hul voertuie se toeters gedruk ter ondersteuning van die knielendes.  

Daar was geen opruiende uitsprake of ou landsvlae vertoon nie. 

Diegene wat in groepe gebid het, het gevra vir kalmte, wys-heid en vrede sodat die plaas-gemeenskappe beveilig kan word. 

Die voertuie, wat trekkers en vragmotors ingesluit het, het kort daarna ’n paar kilometer ver in ’n konvooi gery waarna hulle uiteen is. 

Op Modimolle het die Kranskop Voortrekkerkommando ook ’n byeenkoms gehou. Die groep, asook talle inwoners van die dorp, het voor die ou gedenkbegraafplaas in Thabo Mbekiweg bymekaar gekom waar ds. Chris Botha van die Gereformeerde Kerk Waterberg gepreek het. Kinders, wat in swart geklee was, het wit houtkruise omhoog gehou om sterftes tydens plaasaanvalle te simboliseer. 

’n Groep leerders van Hoërskool Nylstroom het ook hul steun vir dié dag gewys deur swart klere aan te trek. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       

 

NEEM ASSEBLIEF KENNIS:

Die Pos se kantore sluit op Vrydag, 15 Desember 2017 en heropen weer op Maandag, 8 Januarie 2018.

GESEËNDE KERSFEES EN VOORSPOED VIR 2018 WORD AL ONS LESERS TOEGEWENS.


Ander stories