HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Diewe steel skool se rekenaars in nagtelike ure


   03 November 2017   l   Carina Bester    l   Views: 519   l   20 days ago  

 

Só het Laerskool Eugène N. Marais se rekenaarsentrum gelyk nadat dit skoongemaak is ná diewe die 40 rekenaars en skerms gesteel het.


Laerskool Eugène N. Marais op Mookgophong het op Donderdagaand, 26 Oktober, derduisende rande se skade gely nadat diewe die skool se rekenaarsentrum leeg gedra het. 

Diewe het vroeër vandeesmaand ook by Laerskool Warmbad se rekenaarsentrum ingebreek en vir die tweede keer dié skool se rekenaarsentrum léég gedra. 

Volgens Charl Weideman, skoolhoof, is hy Donderdagaand, omstreeks 21:00 by die skool weg ná ’n vergadering. “Die diewe het die dak van die rekenaarsentrum teen ongeveer 22:20 oopgesny en so toegang tot die sentrum verkry.” Die inbrekers het vermoedelik die sentrum se alarm ontkoppel en 40 rekenaars met die skerms gesteel. Hulle het die skerms se drade geknip en die sleutelborde en muise net so gelos, het Weideman gesê. 

Dit is die tweede keer in ’n jaar dat dié skool onder diewe deurgeloop het nadat diewe in Junie verlede jaar by die kantoor ingebreek en die kluis met ’n hoekslyper oopgesny het. Die diewe het toe ook deur die dak ingekom en met kontant, skootrekenaars en tablette gevlug.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories