HOOFSTORIES: •   Skok ná speaker onverwags bedank   •   Diensverskaffer begaan flater met rekeninge   •   EFF plak nou op ander stuk grond   •   Eskom gaan nie krag sny   •   Ondersoek ná klagtes oor polisie   •   Bela-Bela-inwoners loop deur onder otm-boewe   •   GPF ontbind ná klagte teen hoof   •   'Doom-profeet' se verhoor begin   •   Vrou sterf op R101-pad   •   Poging tot plaasaanval glo vals alarm   •   Dorp moontlik sonder krag   •   Jagters vereer   •   Hoërskool Warmbad-leerders presteer   •   Atlete sweet tydens gewilde marathon
 

 
 

 

Veiligheidswag dra glo vuurwapen sonder permit


   20 October 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 79   l   34 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


’n Veiligheidsmaatskappy van Johannesburg was verlede week in die sop by die polisie nadat dit aan die lig gekom het dat hulle glo nie oor die nodige dokumentasie beskik het vir wagte om vuurwapens te dra nie.

Die betrokke maatskappy is aangestel om ’n kliniek in die Bela-Bela-township op te pas.

Die situasie by die kliniek is op Donderdag, 12 Oktober, aan die polisie gerapporteer nadat ’n wag glo met ’n vuurwapen sonder die nodige dokumentasie betrap is, het kapt. Jacques Vierbergen van die Bela-Bela-polisie se vuurwapenafdeling aan Die Pos gesê.

Volgens hom kan vuurwapens op sekere voorwaardes aan veiligheidsbeamptes gegee word, mits die betrokke veiligheidsmaatskappy oor die nodige permitte en bevoegdheidsertifikate beskik.

Die eienaar van die maatskappy het reeds die polisiestasie besoek en het ’n administratiewe boete van R5 000 betaal. Nie die wag of die maatskappy is formeel aangekla nie.

Omdat dit ’n administratiewe boete is wat by die polisiestasie betaal word, kom daar geen polisierekord teen die maatskappy se naam nie, het Vierbergen gesê. 

Die maatskappy is die kans gegun om die uitstaande dokumentasie en voorwaardes reg te stel.

Vierbergen het gesê indien veiligheidsmaatskappye ’n rekord teen hulle het, kan hulle by die sekuriteitsbedryf se regulerende owerheid (SIRA) gederegistreer word en kan hulle geen verdere veiligheidswerk meer doen nie.

Boetes van tot R50 000 tot R100 000 kan opgelê word, het Vierbergen gesê. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories