HOOFSTORIES: •   Man in hof ná mesaanval   •   Huismoeder van kinderhuis in hof ná vuishou   •   Nuwe speaker en hoofsweep gekies   •   Massapatrollie verhoog sigbare polisiëring   •   Sirens blaring during police chase   •   Nuwe baadjie vir GPF   •   Inwoner sterf in vliegongeluk   •   Mookgophong in duister gelaat   •   Wees versigtig vir dodelike 'zombiedwelm'   •   Verdagtes verdwyn met vuurwapens   •   N-nommerplate nou onwettig op SA-paaie   •   Brief: Mugabe se bedanking welkom   •   Biblioteek kry groot skenking   •   Klein Hansies bedank vir prestasies
 

 
 

 

Slinkse skelm steel selfoon uit hempsak


   20 October 2017   l   Carina Bester    l   Views: 97   l   35 days ago  

 

Beeldmateriaal van die mans wat gerhard Steenkamp van Mookgophong se splinternuwe selfoon uit sy hempsak gesteel het. Besoek Die Pos se facebook-blad vir video.


Twee boosdoeners het op Donderdag, 12 Oktober, baie vinnig ’n inwoner van Mookgophong se selfoon uit sy hempsak gesteel. 

Op beeldmateriaal wat aan Die Pos beskikbaar gestel is, word die twee mans in ’n winkel op die dorp opgemerk. Die twee verlaat die winkel ’n paar minute nadat hulle daar aangekom het sonder om iets te koop en die een gee die hoed wat hy opgehad het aan die ander een. 

Net toe Gerhard Steenkamp uit dieselfde winkel kom, het die een hom omhels en volgens Steenkamp aan hom gesê: “Hallo my friend, remember me from the munisipality?” Met een arm om Steenkamp se skouers het die ander arm slinks na sy hempsak beweeg waar die vermeende skelm sy nuwe Samsung Galaxy Note 8 uit sy sak gehaal en baie vinnig onder sy arm versteek het. Dié man het dadelik toe Steenkamp loop, die selfoon onder sy arm uitgehaal en in sy broeksak gesit waarna hy dood-luiters weggestap het. Die ander man het nog so ’n paar sekondes rondgekyk en ook weggestap.

Steenkamp het eers ’n paar minute later besef sy selfoon is weg, maar teen daardie tyd was die mans reeds vort. Steenkamp het aan Die Pos gesê ’n klag van diefstal is by die polisie geopen. Die polisie kon teen druktyd egter nie meer inligting oor die saak verskaf nie.

Nog ’n sakeman van die dorp, Freek Swanepoel, het gesê hy was ongeveer drie weke gelede in ’n soortgelyke situasie. Volgens Swanepoel was hy agter ’n supermark toe ’n man hom in die straat voorkeer. 

“Die man was in sy laat 40’s. Hy het sy hand uitgesteek om my te groet en wou toe nader kom vir ’n drukkie. Toe hy los, het ek dadelik agtergekom my selfoon is weg,” het Swanepoel gesê. Swanepoel het gesê hy het die man gegryp en gevra ‘wat doen jy?’ waarna die man sy selfoon vir hom teruggegee het en gesê het hy maak net ’n grappie.

* Besoek Die Pos se Facebook-blad om die volledige beeldmateriaal te sien.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories