HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

Misdaad op Bela-Bela styg in September


   13 October 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 400   l   11 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Belangstelling in die plaaslike veiligheidsvergadering wat elke tweede week van die maand by die Bela-Bela-polisiestasie gehou word, is aan die kwyn nadat talle belangrike rolspelers wéér nie die vergadering op Dinsdag, 10 Oktober, bygewoon het nie. 

Al was die belangstelling min, was dit nog-tans vir die aanwesiges ’n groot bekom-mernis om tydens die vergadering te hoor dat daar in September ’n styging in misdaad op die dorp was.

Kapt. Emsie Roux het gesê die polisie het talle klagtes van roof, moord, verkragting, aanranding, skade aan eiendom en veedief-stal ondersoek. 

Die meeste voorvalle het in die Bela-Bela-township plaasgevind, maar die omliggende dele soos die Springbokvlakte, Settlers, Kalkbult en Tsakane het ook onder dié mis-drywe deurgeloop.

Kol. Lindie Marx, stasiebevelvoerder, het gesê die meeste van die misdrywe — soos roof en verkragting — het hul oorsprong in drankmisbruik saans. 

Sy het gesê die polisie sal die strate begin “skoonmaak” van misdadigers.

Die onlangse moord op Pattie Peterson (73) en die aanval op haar man Cecil (83) op hul plaas TNT Trading net buite Bela-Bela was ’n laagtepunt vir die gemeenskap, maar Marx het tydens die vergadering gesê die gemeenskap en veiligheidsgroepe het goeie bystand gebied.

Drie verdagtes is reeds in verband met die aanval in hegtenis geneem en voor die hof gebring.

“Ek moet noem dat sekere gemeenskaps-lede emosioneel was en die gereg in hul eie hande wou neem. Ons sal dit nie duld nie. Mense moet onthou indien die polisie nie die korrekte prosedures volg nie, dit die hofsake kan belemmer. Ons beplan om binnekort ’n opleiding-sessie saam met die veiligheidstrukture te hou oor wat mense onder meer mag doen nadat ’n misdaad gepleeg is,” het Marx gesê.

Ao. Johan Momberg het gesê gemeen-skapslede kan versperlint in die hande kry en indien hulle op ’n toneel afkom, moet hulle die toneel dadelik afsper sodat lei-drade bewaar word.

Die departement van verkeer is ook reeds besig om die paaie te patrolleer en verkeers-oortreders word in aanloop tot die fees-seisoen beboet. 

Daar is ook genoem dat jong seuns sonder lisensies met motorfietse op die dorp rondry en die polisie beoog om hulle aan te keer, beslag te lê op die motorfietse en regstappe teen die ootreders te doen. 

Die polisie het ook talle klagtes van rusverstoring, wat ’n groot frustrasie op die dorp is, ontvang. Marx het gesê sy het die munisipale verordeninge deurgewerk en gaan dit toepas op diegene wat inwoners onnodig en op ongereëlde tye met geraas steur.

Daar is ook tydens die vergadering gesê dat spoedkameras by elke ingang van die dorp geïnstalleer moet word om te help met misdaadvoorkoming. 

Vergaderings sal binnekort met die munisipaliteit gehou word om hierdie saak te bespreek.

David Rabololo, munisipale woordvoerder, het gesê mense moet straatligte wat nie werk nie by die munisipaliteit aanmeld.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories