HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

Drie vas ná inbrake


   13 October 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 57   l   11 days ago  

 


Die vlaag huisbrake op Modimolle sal hopelik afneem nadat die polisie drie mans in hegtenis geneem het op klagtes van huisbraak en diefstal.

’n Span van nege polisie-offisiere het op Woensdag, 4 Oktober, tydens ’n spesiale polisie-optrede in Phagameng vir Johannes Khoza, ook bekend as Penny, vasgetrek nadat hulle inligting ontvang het oor ’n gesteelde televisie, het ao. James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, gesê. 

Daar is beslag gelê op ’n Sony plasma-TV, ’n DVD-speler, ’n DSTV-dekordeerder en ’n HP-skootrekenaar is gevind nadat Khoza ondervra is. Dié items is glo gesteel nadat Khoza vermoedelik drie agtereenvolgende kere by dieselfde huis ingebreek het. Die items is by verskeie mense in Phagameng gekry, wat in hegtenis geneem is weens die besit van vermoedelik gesteelde goedere en die ontvangs van gesteelde goedere. Daar is op nog ’n Samsung-televisie beslag gelê, asook op ’n Lenovo-rekenaar wat by die F.H. Odendaal-hospitaal gesteel is, het Findlay gesê. 

Khoza het dieselfde dag in die hof op Modimolle verskyn. Die saak is na Dinsdag, 10 Oktober, uitgestel. Hy het egter op Donderdag, 5 Oktober, uit die aanhoudingselle ontsnap, maar is binne ’n halfuur weer vasgetrek. 

Khoza staan nou tereg op vier klagtes van huisbraak en diefstal, een klag van diefstal en een klag van ontsnapping uit aanhouding. 

Die polisie se vangnet het tydens dié optrede ook vir Sonnyboy Mashiane en Thomas Mpye geskep. Mashiane is in hegtenis geneem in verband met twee sake van huisbraak en diefstal en roof. Mpye is in hegtenis geneem in verband met diefstal en gesteelde goedere wat teruggevind is. 

Al drie die mans bly in aanhouding totdat hulle aansoek doen om borgtog. Die onder-soekbeamptes is ao. Ross Rossouw en sers. Amanda Rossouw.  Enigeen wat vermoed dat van hul eiendom gesteel is en dit kan uitken, kan Findlay bel by tel. 072 100 5021.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories