HOOFSTORIES: •   Slimkoppe skitter in matriek   •   Strange murder in Spa Park   •   Vakansieganger haal krokodil uit swembad   •   Hittegolf tref Suid-Afrika   •   Hoofartikel: Krisis in onderwys staar SA in gesig   •   Brief: Spoedgrense verwarrend   •   Pad verspoel ná reën   •   EFF insist on land auditing report   •   Oujaar gevier met boeremusiek   •   Geliefde oud-onnie sterf   •   Kamp vir 23ste jaar aangebied
 

 
 

 

Jagter nie meer voor vir moord


   13 October 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 141   l   3 months ago  

 

Stefan Hepburn in die hof. Foto: Argief


Die moordklag teen die Pretoriase jagter, Stefan Hepburn (38) wat in Februarie glo ’n man per ongeluk in ’n mielieland doodgeskiet het, is verander na ’n klag van strafbare manslag. 

Die nasionale vervolgingsgesag  het op Vrydag, 22 September bepaal dat die klag verander word en dat hy in die streekshof verhoor word. Hepburn verskyn weer op Maandag, 20 November, in die hof. 

Die 23-jarige Jan Railo is dood nadat Hepburn hom raakgeskiet het tydens ’n laataand-bosvarkjag op ’n plaas  in die Tuinplaas-omgewing. Hepburn het vroeër in die hof gesê hy het nie verwag dat iemand daardie tyd van die nag in die mielieland sou wees nie en het Railo se beweging in die donker aangesien vir dié van ’n bosvark. ’n Sak mielies is langs Railo in die land gevind. Hy is op die toneel dood. Hepburn het die Tuinplaas-polisie ontbied toe hy besef wat gebeur het. 

Tydens Hepburn se eerste hofverskynings was die hofsaal volgepak met familie van Railo en ondersteuners van verskillende politieke partye. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories