HOOFSTORIES: •   Bekende boer sterf tragies   •   Leeus spring vergiftiging vry   •   Haarkapper dood in motorhuis gevind   •   Man by reservaat beroof en vasgebind   •   Fondsinsameling vir kankerlyertjie   •   Epilepsielyer breek rugwerwel   •   Bekende prokureur ontken skuld   •   Ongeluk eis vrou se lewe   •   Vrou met honderde katte vra hulp   •   Verkeersman rol motor   •   Diewe weer doenig op Noodhulp   •   Warries vier 70 goue jare   •   Vaalwater musician going places   •   Klub Helpmekaar groet staatmaker   •   Polisie hou bewusmakingsdag   •   Godsdiens steeds in skole   •   Spelers presteer goed tydens Bokkieweek   •   Local student studied in Cuba   •   Fly in weer ’n hoogtepunt
 

 
 

 

Twee in hof ná geveg in kroeg


   14 July 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 261   l   10 days ago  

 


’n Kroeggeveg wat verlede jaar op Modimolle plaasgevind het, draai vanjaar in die hof nadat twee mans aangekla is van poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer. 

Tiaan Lottering (30) en Pieter Gideon Jacobs (23) het op Maandag, 26 Junie, in die hof op Modimolle verskyn. Albei woon volgens hofstukke in die omgewing en is tans uit op borgtog.

Die hof het gehoor dat op Vrydag, 7 Oktober, twee broers, Peet en Jacques Oberholzer, in ’n vuisgeveg betrokke was met die twee beskuldigdes toe hulle ’n drankie by Jagkamp, ’n kuierplek buite die dorp, gedrink het.

Een van die mans het volgens getuienis vir Peet teen die kant van die kop met ’n glasbottel geslaan. Sy broer Jacques, wat wou keer, is glo met die vuis teen die kop geslaan en het bewusteloos op die vloer geval.

Daar word beweer dat die twee mans aangehou het om hom teen die kop en die lyf te skop. Hulle het ook glo op sy kop gespring. ’n Vriendin het, in ’n poging om hom te beskerm, bo-oor hom gaan lê sodat die mans hom nie verder beseer nie.

Die twee beskuldigdes het glo daarna die toneel verlaat. Dié gebeure is op die kuierplek se kringtelevisie vasgevang. 

Lottering en Jacobs het tydens die voorval glo T-hemde gedra van die berugte motorfietsbende die Mac’s.

Dié bende, wat in Pretoria en Johannesburg aktief is, het al herhaaldelik die nuus gehaal oor hul betrokkenheid by soortgelyke ernstige aanvalle. 

Die hof het gehoor dat Jacques, hoewel hy die aand reeds mediese hulp ontvang het, die volgende dag in die hospitaal opgeneem is vir ’n noodoperasie weens skedelbreuk en weens trauma teen die kop.

Lottering en Jacobs verskyn weer op Woensdag, 1 November, in die hof vir verhoor.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories