HOOFSTORIES: •   Bekende boer sterf tragies   •   Leeus spring vergiftiging vry   •   Haarkapper dood in motorhuis gevind   •   Man by reservaat beroof en vasgebind   •   Fondsinsameling vir kankerlyertjie   •   Epilepsielyer breek rugwerwel   •   Bekende prokureur ontken skuld   •   Ongeluk eis vrou se lewe   •   Vrou met honderde katte vra hulp   •   Verkeersman rol motor   •   Diewe weer doenig op Noodhulp   •   Warries vier 70 goue jare   •   Vaalwater musician going places   •   Klub Helpmekaar groet staatmaker   •   Polisie hou bewusmakingsdag   •   Godsdiens steeds in skole   •   Spelers presteer goed tydens Bokkieweek   •   Local student studied in Cuba   •   Fly in weer ’n hoogtepunt
 

 
 

 

Man kry borgtog ná gesteelde trekkers by hom gevind is


   14 July 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 233   l   10 days ago  

 

Foto ter illustrasie.


Peet Bothma, ’n inwoner van Modimolle, het op Donderdagoggend, 6 Julie, in die hof verskyn op klagtes dat hy in besit van vermoedelik gesteelde trekkers was. 

Die Pos het verlede week berig drie gesteelde trekkers is op ’n plaas op die Driefontein-pad gevind en nog twee John Deere-trekkers wat op Delmas gesteel is, is glo aan ’n boer in die Settlers/Codrington-omgewing verkoop. Die polisie het ’n soektog na Bothma gelas, waarna hy homself op Donderdag by die voertuigdiefstaltak op Modimolle oorgegee het. Sy prokureur het hom vergesel. 

’n Privaat speurder het die nes oopgekrap toe hy in opdrag van ’n boer van Delmas begin soek het na die twee John Deere 6930-trekkers wat op Dinsdag, 6 Junie, by hom gesteel is. Hy het inligting ontvang dat die trekkers moontlik op ’n plaas op die Driefontein-pad mag wees. Die polisie het drie ander gesteelde trekkers daar ontdek, maar nie die twee John Deere’s nie. Foto’s van die twee vermiste trekkers is wyd deur die gemeenskapspolisiëringsforum versprei. ’n Boer wat die twee trekkers gekoop het, het hulle gekontak en gesê dit staan op sy plaas. Hy het glo op ’n advertensie op die advertensiewebwerf OLX gereageer. Die Pos het verneem dat hy R300 000 vir een van die trekkers betaal het en die tweede trekker sou afbetaal. Volgens ao. James Findlay, woordvoerder van die polisie, verloor die slagoffer in so ’n geval sy geld.  

Die polisie het beslag gelê op die twee trekkers en dit aan die regmatige eienaar terugbesorg.

Bothma is op R20 000 borgtog vrygelaat en verskyn weer in Augustus in die hof sodat die polisie die saak verder kan ondersoek. 


Lees ook: Inwoner gesoek ná gesteelde trekkers

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories