HOOFSTORIES: •   Man in hof ná mesaanval   •   Huismoeder van kinderhuis in hof ná vuishou   •   Nuwe speaker en hoofsweep gekies   •   Massapatrollie verhoog sigbare polisiëring   •   Sirens blaring during police chase   •   Nuwe baadjie vir GPF   •   Inwoner sterf in vliegongeluk   •   Mookgophong in duister gelaat   •   Wees versigtig vir dodelike 'zombiedwelm'   •   Verdagtes verdwyn met vuurwapens   •   N-nommerplate nou onwettig op SA-paaie   •   Brief: Mugabe se bedanking welkom   •   Biblioteek kry groot skenking   •   Klein Hansies bedank vir prestasies
 

 
 

 

Modimolle-polisie soek dié man


   14 July 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 301   l   4 months ago  

 

Die Modimolle-polisie is op soek na die man op die foto ná hy glo probeer het om ’n vervalste tjek te bank.


Die Modimolle-polisie is op soek na ’n man wat op Dinsdag, 16 Mei, ’n vervalste tjek op die dorp probeer bank het. 

Die man het glo ook sy foto in ’n gesteelde ID-boek geplak. Hy het probeer om dié ID-boek te gebruik om die tjek by Absa te bank. Hy was egter nie suksesvol nie en het die bank verlaat. Hy het die tjek en die ID-boek in die bank agtergelaat. Die polisie het die regte eienaar van die ID-boek opgespoor, wat bevestig het dat dit onlangs gesteel is. 

Die polisie is op soek na die man op die foto in verband met die bedrieglike vertoon van die tjek en die gebruik van ’n gesteelde ID-boek. Die ondersoekbeampte in die saak is kapt. Jeannemarie Murray. Enige een met inligting kan haar kontak by tel. 076 050 6886.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories