HOOFSTORIES: •   Eskom gee uitstel vir terugbetaling van skuld   •   Polisie steeds op moordenaars se spoor   •   Plaasaanvalle nie altyd rasgedrewe   •   Swerm bye dood talle diere op plaas   •   Groot klopjag 'n sukses   •   Mookgophong-projekte vorder goed   •   Sielkundiges in hegtenis geneem   •   GPF versterk polisie se hand   •   Vyf jaar vir moord op baba   •   'Onwettige immigrant' vasgetrek   •   'Mercy' for Zimbabweans   •   Brief: Hoekom is radio so stil oor plaasaanval?   •   Hoofartikel: Gooi kole!   •   ERFENISDAG - viering van reënboognasie   •   Kleuterskool blaas 40 kersies dood   •   Rugbyklub vereer spelers
 

 
 

 

Rowers buit selfone tydens gewapende roof


   14 July 2017   l   Carina Bester    l   Views: 558   l   2 months ago  

 

Exact op Mookgophong is op Woensdag, 5 Julie, deur vyf gewapende rowers geteiken. Selfone wat ’n werknemer in ’n vertoonkas wou pak, is gebuit. 


Verskeie winkels in Die Pos se lesersgebied het die afgelope maande gereeld onder gewapende rowers deurgeloop. 

Vyf rowers het Exact op Mookgophong op Woensdag, 5 Julie, van ongeveer 60 selfone beroof. Volgens Kgotso Kekana, een van die werknemers, het hy pas van die bank afgekom en die selfone in die vertoonkas begin uitpak. Hy het verder gesê een rower het die winkel binnegekom en deur die klere gekyk. Die res van die rowers het kort daarna die winkel binnegegaan. 

Kekana, wat onraad begin vermoed het nadat een van die rowers ’n werknemer van die leer af  beveel het, het gesê hy wou net omdraai om hulp te ontbied, toe ’n rower vir hom gesê het as hy “iets probeer hulle hom sal doodmaak”. 

Die rowers het na wat verneem word aan die werknemers gesê as kliënte inkom, moet hulle sê dat hul “stelsel” van lyn af is. Hulle het kort daarna op die vlug geslaan. 

Volgens ao. George Ledwaba, polisiewoordvoerder op die dorp, het die verdagtes met ’n grys BMW in ’n suidelike rigting gevlug. Geen verdagtes is al in verband met die roof in hegtenis geneem nie. Enigiemand met inligting oor die roof, kan vir kapt. Thabi Mathabata by tel. 082 5658299 bel. 

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories