HOOFSTORIES: •   Man in hof ná mesaanval   •   Huismoeder van kinderhuis in hof ná vuishou   •   Nuwe speaker en hoofsweep gekies   •   Massapatrollie verhoog sigbare polisiëring   •   Sirens blaring during police chase   •   Nuwe baadjie vir GPF   •   Inwoner sterf in vliegongeluk   •   Mookgophong in duister gelaat   •   Wees versigtig vir dodelike 'zombiedwelm'   •   Verdagtes verdwyn met vuurwapens   •   N-nommerplate nou onwettig op SA-paaie   •   Brief: Mugabe se bedanking welkom   •   Biblioteek kry groot skenking   •   Klein Hansies bedank vir prestasies
 

 
 

 

Honde op hoewe vergiftig


   14 July 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 133   l   4 months ago  

 


Vier honde op ’n hoewe buite Bela-Bela is dood nadat hulle vermoedelik deur diewe vergiftig is.

Die honde se eienaar, Tina van der Walt, wat op ’n hoewe op Noodhulp woon, het op Maandagoggend, 10 Julie, agtergekom haar honde is glad nie wel nie. Sy het by navraag gesê sy het die Sondagaand aan die slaap geraak en het omtrent middernag haar honde buite hoor blaf.

“Ons het die oggend eers buite toe gegaan en op die erf stukke vleis ontdek wat gelyk het asof dit met gif besmet is. Dit is toe dat ek agtergekom het my honde is nie lekker nie.”

Sy het vermoed dat haar honde die vorige aand reeds vergiftig is en het hulle iets ingegee sodat hul kan braak. Maar ongelukkig is haar twee Jack Russells (Gory en Rosie), haar Mopshond (Roxy) en haar kruising (Tsungu) dood.

Van der Walt het haar rifrug (Tot) dadelik na die plaaslike dierekliniek geneem toe dié ook simptome van vergiftiging getoon het. Die rifrug leef tans en word versorg.

Sy het gesê dat dit nie die eerste keer is dat hulle geteiken word nie. Dit was dié betrokke aand volmaan en, volgens van der Walt, is misdadigers meer bedrywig tydens volmaan. 

“Ons het ’n paar voetspore op die erf gekry en daar was baie beweging naby die bakkie opgemerk, maar niks is vermis nie. Ons sal maar nuwe spreiligte installeer, maar dit is jammer dat ons weer van ons honde, wat soos familie was, moet begrawe.”

Van der Walt het gesê dat sy die voorval by die Bela-Bela-polisie aangemeld het.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories