HOOFSTORIES: •   Woede kook oor grondgryp   •   Kommer oor krokodille in swemdam   •   Vaalwater-vrou sterf aan malaria   •   Raad bespreek krag-dilemma   •   'Buffelbedrieër' verdwyn   •   Grondbesetting: 'Ons sal dit nie duld nie!'   •   Veiligheidswag dra vuurwapen sonder permit   •   Brief: inwoners ry self vullis weg   •   Stadig met water op Modimolle   •   Só lyk verdagtes van wrede plaasaanval   •   DA-raadslid beseer tydens staking   •   Brandverbod opgehef   •   Jong entrepreneur maak Vaalwater soet   •   Mountain bikers go for gold   •   Nylie-krieket kraai koning
 

 
 

 

Troetelhond in Gholfpark met windbuks geskiet


   15 June 2017   l   Marietjie Steenkamp    l   Views: 1703   l   4 months ago  

 

Charmaine Fernandes se hond, Poekie, is op Woensdagaand, 7 Junie, met ’n windbuks in die nek geskiet. Op die foto is Poekie ná die operasie. Foto: Verskaf


Inwoners van Gholfpark op Mookgophong het vandeesweek aan Die Pos gesê hulle is siek en sat daarvoor dat hulle troeteldiere in die woongebied vergiftig of geskiet word.

Charmaine Fernandes, ’n nuwe intrekker in Gholfpark, was hoogs ontstoke nadat iemand haar geliefde hondjie, Poekie, op Woensdagaand, 7 Junie, met ’n windbuks in die nek geskiet het. Fernandes, wat by ’n vergadering was, het omstreeks 19:30 tuisgekom en dadelik gemerk dat daar fout met Poekie is.

Die koeël het in ’n spier in haar nek vasgesit, het Fernandes gesê. Poekie moes Donderdag, 8 Junie, ’n operasie ondergaan om die koeël te verwyder.

“Die koste beloop R1 200, maar ek moes haar lewe red,” het sy hartseer vertel. Poekie is ’n foksterriër-kruising en volgens Fernandes blaf sy byna nooit nie. “Ek bly maar net ’n maand hier en as sy iemand gepla het, sou ek die probleem probeer oplos het. Dit is verregaande om my troeteldier in my erf te skiet,” het sy gesê.

Fernandes het die saak by die polisie op Mookgophong aangemeld. Kapt. Dan Maubane ondersoek die saak.

Dit is nie die eerste geval van troeteldiere wat geskiet of vergiftig is nie. Inwoners, wat anoniem wou bly, het aan Die Pos gesê hulle het nou genoeg gehad van dié mishandeling.

“Die gebruik van ’n windgeweer in ’n bewoonde gebied is teen die wet en mense kan swaar gestraf word indien hierdie wet oortree word,” het ao. George Ledwaba, polisiewoordvoerder, gesê.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories