HOOFSTORIES: •   Slimkoppe skitter in matriek   •   Strange murder in Spa Park   •   Vakansieganger haal krokodil uit swembad   •   Hittegolf tref Suid-Afrika   •   Hoofartikel: Krisis in onderwys staar SA in gesig   •   Brief: Spoedgrense verwarrend   •   Pad verspoel ná reën   •   EFF insist on land auditing report   •   Oujaar gevier met boeremusiek   •   Geliefde oud-onnie sterf   •   Kamp vir 23ste jaar aangebied
 

 
 

 

Polisie verwelkom lang vonnis van Bela-Bela verkragter


   15 June 2017   l   Andries van der Heyde    l   Views: 230   l   7 months ago  

 

Die Bela-Bela-polisie het die vonnis van ’n verkragter verwelkom. Edward “Nono” Mojela Papo (28) is in die Modimolle-streekhof 25 jaar tronkstraf opgelê vir verkragting en ’n bykomende drie jaar vir aanranding.


Die streekhof op Modimolle het ’n verkragter van Bela-Bela op Donderdag, 25 Mei, swaar gestraf.

Edward “Nono” Mojela Papo (28) is ná byna tien maande in aanhouding deur die hof skuldig bevind aan verkragting.

Volgens ao. Johannes Shitlhane, hoof van die Bela-Bela-polisie se eenheid vir geweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe, is Papo 25 jaar tronkstraf opgelê nadat hy ’n vrou (25) in Augustus verlede jaar in die Donoza-uitbreiding van die Bela-Bela-township verkrag het.

Papo is ook ’n bykomende drie jaar tronkstraf weens aanranding opgelê. Hy het in dieselfde maand van die verkragting ook ’n 19-jarige vrou aangerand en die hof het hom hieraan skuldig bevind, het Shitlhane gesê.

Shitlhane het gesê Bela-Bela-inwoners kan nou rustiger slaap danksy goeie polisiewerk.

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories