HOOFSTORIES: •   Verdagtes in Coertze-aanval verskyn in hof   •   Prokureur vir sewe jaar tronk toe   •   Tronklewe is 'baie erg'   •   Verdagte in Peterson-moordsaak kry dalk borgtog   •   Plaaswerkers beroof; vrou verkrag   •   School learner found dead near mall   •   Nuwe pyplyn spoedig vervang ná lekkasie   •   Brief: Genoeg is genoeg!   •   Klag van brandstigting ondersoek by Waterfront   •   Kuns help kinders by skool   •   Ervaar die brul van enjins by Rally-kampioenskappe
 

 
 

 

Gewilde Modimolle-haarkapper agter tralies


   21 April 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 5754   l   12 months ago  

 

Foto ter illustrasie.


’n Bekende haarkapper van Modimolle het die afgelope drie weke agter tralies deurgebring nadat hy op klagtes van diefstal in hegtenis geneem is. 

Carel Coetzee sr. (51) is op Vrydag, 31 Maart, aangekeer en ’n saak van die besit van vermoedelik gesteelde goedere is teen hom aanhangig gemaak. Hy is sedertdien in aanhouding in die selle by die Modimolle-polisiekantoor, het ao. James Findlay, polisiewoordvoerder, aan Die Pos gesê. 

Dit volg ná ’n voorval by Coetzee se woning op die Sanrock-vakansieoord op Donderdag, 30 Maart. Coetzee, sy 18-jarige seun, Carel Coetzee jnr., en ’n onbekende vriend het glo wakker geword ná ’n inbraak by hul huis. Coetzee jnr. en dié se vriend het glo agter die inbrekers aangehardloop, maar kon hulle nie vang nie. 

’n Televisie, wat die eiendom van Sanrock is, Coetzee sr. se tablet en Coetzee jnr. se skootrekenaar is volgens die klag gesteel. Coetzee jnr. het die volgende dag ’n saak van diefstal by die polisie gemaak. Die polisie het egter inligting ontvang dat die televisie by die haarsalon is, waarna Sanrock ’n klag van diefstal gelê het. 

Coetzee sr. is daarna in hegtenis geneem. Hy het op Maandag, 10 April, vlugtig in die hof verskyn, maar borgtog is geweier omdat dit die ondersoek kan belemmer. Die saak is uitgestel tot Maandag, 24 April. Hy bly in aanhouding.

Coetzee jr. is aanvanklik ook in hegtenis geneem, maar is vrygelaat omdat hy nie met die misdaad verbind kon word nie, het Findlay gesê. Die polisie ondersoek die egtheid van die inbraakbeweringe. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories