HOOFSTORIES: •   Eskom gee uitstel vir terugbetaling van skuld   •   Polisie steeds op moordenaars se spoor   •   Plaasaanvalle nie altyd rasgedrewe   •   Swerm bye dood talle diere op plaas   •   Groot klopjag 'n sukses   •   Mookgophong-projekte vorder goed   •   Sielkundiges in hegtenis geneem   •   GPF versterk polisie se hand   •   Vyf jaar vir moord op baba   •   'Onwettige immigrant' vasgetrek   •   'Mercy' for Zimbabweans   •   Brief: Hoekom is radio so stil oor plaasaanval?   •   Hoofartikel: Gooi kole!   •   ERFENISDAG - viering van reënboognasie   •   Kleuterskool blaas 40 kersies dood   •   Rugbyklub vereer spelers
 

 
 

 

Raadslid se hofsaak wéér uitgestel


   17 February 2017   l   Ronél van Jaarsveld    l   Views: 323   l   7 months ago  

 

ANC-raadslid, Grace Mashitishu moet Dinsdag, 21 Februarie in die hof verskyn vir klagtes van korrupsie nádat die saak reeds verskeie kere uitgestel is.


Dié sloerdery kom nou tot ’n einde, was die boodskap van die landdros in die korrupsie-saak teen die ANC-raadslid op Modimolle, Grace Mashitishu. 

Sy het weer op Woensdag, 8 Februarie in die hof verskyn op klagtes van korrupsie. 

Die saak, wat sedert Maart verlede jaar op die hofrol is, is reeds verskeie kere uitgestel. Woensdag was geen uitsondering nie en die saak is uitgestel tot Dinsdag, 21 Februarie. 

Stef Kruger, wat Mashitishu sou verteenwoordig, het tydens die saak onttrek. Hy het ontsteld gesê dat hulle haar sedert Vrydag, 20 Januarie, in die hande probeer kry het vir instruksies hoe om voort te gaan, maar sonder sukses. Hulle het op Maandag, 6 Februarie, ’n brief aan haar bedien, maar sy het dit glo geïgnoreer.

Mashitisho het aangevoer dat sy reëlings met iemand anders getref het by Leshole Legal, wat vir Kruger aangestel het. Sy het gesê sy ken nie vir Kruger nie. Hy het egter gesê dat hy haar met haar vorige verskyning ook verteenwoordig het. 

Die staat het gesê die beskuldigde laat doelbewus die saak aanhoudend uitstel. 

Die landdros het sy misnoeë te kenne gegee en haar gemaan dat die hof se tyd nie gemors mag word nie. Hy het gesê sy het regsverteenwoordiging en die saak sal voortgaan. 

Mashitishu word daarvan beskuldig sy in 2012 betrokke was by ’n korrupte tender vir kalenders vir die munisipaliteit. 

Pheaga Elias Dafoma, ’n inwoner van Alma, het in 2012 ’n beëdigde verklaring afgelê waarin hy sê dat Mashitishu hom genader het om kalenders vir die munisipaliteit te druk. Hy is maande later ingeroep en gevra om ’n tjek van die munisipaliteit vir R70 000 in sy rekening in te betaal en die geld na Mashitishu toe terug te bring. Sy het glo R5 000 aan Dafoma gegee en die res van die geld gehou omdat “sy dit met baie ander mense wil deel.” Volgens Dafoma het hy geen kalenders gedruk nie. Hy beskuldig Mashitishu daarvan dat sy slegs sy onderneming se naam wou gebruik. 

Mashitishu is reeds intern deur die munisipaliteit daaraan skuldig bevind dat sy op ’n korrupte wyse R70 000 bekom het. Sy is ’n boete van R70 000 opgelê en daar sal maandeliks 25% van haar salaris afgetrek word tot die bedrag betaal is. 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories