HOOFSTORIES: •   Skok ná nog ’n selfdood   •   Stropers loop hul vas   •   Sentrum wemel van polisie ná vals alarm   •   Goeie nuus vir Salusoord-inwoners   •   Leeustropers slaan weer toe in Vaalwater   •   Hoë tariewe reggestel   •   Rowers teiken weer winkel in hoofstraat   •   "Ons bring werksgeleenthede" sê myn   •   Diewe teiken hoërskool   •   Weg met mishandeling!   •   Tuinmaak is terapeuties   •   Burgemeester deel sukses-wenke   •   Atlete sweet tydens strawwe driekamp
 

 
 

 

Booswigte moet ligloop


   15 December 2016   l   Marietjie Steenkamp    l   Views: 181   l   8 months ago  

 

Die GPF, die polisie en ander helpers het die strate van Mookgophong gepatrolleer in ’n poging om misdaad te bekamp.


Met misdaad wat toeneem in die sakesektor op Mookgophong, het die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) ’n groot sigbaarheidspatrollie-aksie van stapel gestuur in ’n poging om misdaad op die dorp te bekamp.

Volgens Mokone du Preez, waarnemende voorsitter van dié forum, het hulle op Vrydag, 9 Desember, tydens die tweede projek vir die maand groot welslae behaal.

“Du Preez het die GPF van Mookgophong, die veiligheidsforum, asook die polisie genader om met gesamentlike optrede te begin om ’n misdaadvrye feestyd te verseker,” het Philip van Staden van AfriForum op die dorp, gesê. 

Volgens Du Preez het hulle eers by ondernemings ’n draai gemaak om uit te vind wat die groot misdaadprobleme is wat hulle ondervind. Die eerste been van die projek het toe in die hoofstraat (Thabo Mbekilaan) en 4de Straat afgeskop.

Die patrollies sal ook uitgebrei word na Sektor 1. Hy het gesê die sukses is te danke aan die noue samewerking van alle partye. Geen misdaadvoorkomingsaksies mag sonder polisieteenwoordigheid uitgevoer word nie en daarom is polisielede altyd by wanneer mense deursoek word. 

Tydens die tweede deel van die projek, wat reeds plaasgevind het, is een verdagte op Vrydag, 2 Desember, vasgetrek en vyf is op Vrydag, 9 Desember, aangekeer. Die verdagtes is almal weens die besit en verspreiding van dwelmmiddels aangekeer. Hulle is steeds in aanhouding.

Du Preez het gesê werkloosheid en dwelmmisbruik is van die grootste oorsake van misdaad. Hy meen ook dat daar dringende aandag geskenk moet word aan sake wat op munisipale eiendom bedryf word. “Dit moet georganiseerd wees en kan dan ook ’n inkomste vir die munisipaliteit genereer,” het hy gesê.

Du Preez het sy dank uitgespreek teenoor lt.kol. Jan Koekemoer, vorige stasiebevelvoerder, vir sy samewerking en ook vir lt.kol. Kiba Frans Kekana, nuwe bevelvoerder, vir sy ondersteuning. “Ons waardeer die samewerking en ondersteuning van die sektorbevelvoerder, kol. Loekie Harmse, asook die misdaad-voorkomingseenheid van Mook-gophong,” het hy gesê.

“Kriminele en voornemende kriminele dink nou twee keer voordat hulle by winkels en ondernemings in die hoofstraat kom om mense, veral ou mense, te beroof. Eienaars moet asseblief hul veiligheid opskerp en paraat wees,” het Du Preez gevra.

“Help ons om ’n verskil op Mookgophong te maak deur kriminele uit die dorp te verdryf. Ons het elkeen se hulp nodig.” 

Om deel te wees van die patrollieaksie bel vir Philip van Sta-den by tel. 072 111 7514 of vir ao. George Ledwaba by tel. 076 219 7608.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       



Ander stories