HOOFSTORIES: •   Dorp maak harte oop vir gesin   •   Advertensieborde-sage kry nie einde   •   Community demands clean water   •   Three dead in major accident   •   Girlfriend allegedly killed by ex-lover   •   Mayor reaches out   •   Streetlight globes found in private home   •   Lyndansers samel blikkieskos in vir ouetehuis   •   Nuwe landbouwetgewing 'n bedreiging   •   Commitment and dedication pays off   •   Hansie bring brons na SA-kampioenskap   •   Kolskote vir beste skuts
 

 
 

 

Rooiberg-ses se saak na 2017 uitgestel


   15 December 2016   l   Andries van der Heyde    l   Views: 261   l   4 months ago  

 

Piet Venter is in November 2015 op sy plaas in Rooiberg aangeval en vermoor.


Drie van die ses beskuldigdes wat aangekla word van die moord op Piet Venter, wildboer van Rooiberg, sal vir die tweede jaar Kersfees in aanhouding moet deurbring.

Venter is in November 2015 op sy plaas, Chaheng Hunting Safari’s in die Rooiberg-omgewing buite Bela-Bela, in sy huis aangeval en vermoor. Hy is na verneem word doodgewurg.

Lede van die polisie, asook die Heritage Protection Group (HPG), het die ses verdagtes kort ná die voorval aangekeer.

Ruben Miles, JP Johannesse, Johan du Toit, Christopher Joubert, Mona Oosthuizen en Louisa Ricco verskyn reeds vir byna ’n jaar kort-kort in die Bela-Bela-streekhof op klagtes van moord en huisbraak met die doel om te roof. 

Ricco, Joubert en Oosthuizen is reeds uit op borgtog en moet gereeld by hul plaaslike polisiestasie aanmeld as deel van hul borgtogvoorwaardes.

Die hofsaak is intussen na die Modimolle-streekhof oorgeplaas. Miles en Johannesse verskyn nie saam met die ander beskuldigdes nie. 

Die hof het egter die twee sake weer tydens die beskuldigdes se laaste verskyning uitgestel.

Miles en Johannesse se volgende verskyning is op Maandag, 23 Januarie, waartydens hulle op die klagtes teen hulle moet pleit. Die res van die beskuldigdes se verhoor begin op Woensdag, 3 Mei.

Miles, Johannesse en Du Toit is steeds in aanhouding en die ander se borgtog is verleng.

 

 


 

0 Comments

To leave a comment you need to login / register first



       


Ander stories