Boekeblad - 24 Februarie 2017


   24 February 2017   l   Die Pos-span/The Post team    l   Views: 1122   

 


Baie geluk aan:
Fransie Jacobsz van Modimolle wat verlede week al vier boeke op ons Boekeblad gewen het: Die ondenkbare deur Isa Konrad, Meetsnoer en Dryfhout deur Chanette Paul, asook Agter maskers deur Marijke Greeff.


MY INSPIRASIEJOERNAAL
deur Lizelle de Bruin (Lux Verbi):


’n Joernaal is ’n uitstekende uitlaatklep vir ’n mens se gevoelens en kan baie spanning help verlig. Dit verskaf die vermoë om ingewikkelde ervarings in relevante, nuttige brokkies inligting op te breek en uiteindelik samehangend te rangskik. Bekende radiopersoonlikheid Lizelle de Bruin neem die leser op ’n reis na binne waar ’n mens leer inkleur, verf, “doodle” en lysies maak. Een inspirasiestukkie per week vul die aktiwiteite aan.  

 

40 DAE TOT HOOP
deur Ronell Bezuidenhout (Lux Verbi):


Hierdie boek help die leser om ’n deurdagte pelgrim te wees deur te weet waar jy vandaan kom en waarheen jy op pad is. Met God as reisgids begelei hierdie boek die leser op ’n hartsreis van ashoop tot hoop. Vastyd is ’n pelgrimsreis van 40 dae wat altyd op ’n Woensdag begin (Aswoensdag) en op ’n Saterdag (Donkersaterdag/Stil Saterdag) eindig. Hierdie boek fokus op ’n metamorfiese pelgrimsreis wat by “ashoop” begin en 40 dae later by “hoop” eindig.

 

SAY AGAIN?
The other side of South African English

by Malcolm Venter and Jean Branford (Pharos):


Besides recognisable characteristics of South African English, such as “Vrystaat”, “ou boet” or “ou swear” or “nogal” speakers of South African English give clear indications — even if their accent is not marked — of their being South African. Say again? aims to regale you with many examples of South African English. An understanding of these items can be useful and enlightening to South Africans, as well as to strangers in our midst.

 

 

ASTERIX BY DIE OLIMPIESE SPELE (12)
deur René Goscinny en Albert Uderzo (Protea Boekhuis):


Die atlete van die antieke wêreld kom in Athene bymekaar vir die Olimpiese Spele. Asterix, Obelix en die ander Galliërs skryf ook in, maar hulle beleef ’n terugslag: die drink van towerdoepa is verbode, want dit is ’n opkikker. Kan die Galliërs die Olimpiese Spele wen sonder towerdoepa? En wat is die spesiale bestanddeel van die doepa wat in die hut met die deur wat nie mooi sluit nie, staan?

 

Een gelukkige leser van Die Pos kan vandeesweek al vier boeke op ons Boekeblad wen: My inspirasiejoernaal deur Lizelle de Bruin, 40 dae tot hoop deur Ronell Bezuidenhout, Say again? The other side of South African English by Malcolm Venter and Jean Branford, asook Asterix by die Olimpiese Spele (12) deur René Goscinny en Albert Uderzo. Al wat lesers moet doen om in aanmerking te kom vir die prys, is om voor 15:00 op Vrydag, 24 Februarie, ’n SMS te stuur na tel. 083 654 5820 met hul naam, van en die dorp waar hul bly. Mense wat reeds vanjaar boeke gewen het, moet asseblief nie weer inskryf voor 2018 nie.

 

 

 

 

2 Comments

To leave a comment you need to login / register first
  • Avatar
    Antoinette Kruger 2 months ago

    Laas week se wenners was nie in die Pos Koerant gewees nie. Wie het laas week 10 november sin gewen? Of het ek dit dalk mis gelees?

    • Avatar
      Willie Nel 2 months ago

      Antoinette, die boekeblad het oorgestaan na die uitgawe van die 15de Desember.


 

Ander stories

 
 

Hoofnuus